Kaapstad – Inwoners van Hanoverpark in Kaapstad dring daarop aan dat 'n noodtoestand in die gebied uitgeroep word weens bende-aktiwiteit, het berigte Saterdag gelui.
Die Weekend Argus het berig dat gemeenskapsleiers wil hê die weermag moet in die gebied ontplooi word omdat hulle volgens inwoners die beste toegerus is om bendegeweld te stuit.
Pastoor Isaac Rubain het aan Dan Plato, die gebied se LUR vir gemeenskapsveiligheid, gesê inwoners is desperaat vir oplossings.
"Daar is nie op die oomblik 'n oorlog in Suid-Afrika nie. Wat doen die weermag? Wat gebeur met ons belastinggeld?," het hy gevra.
"Hoekom kan hulle nie 'n tent hier in Hanover Park opsit om patrollies te doen nie? Of is dit te veel gevra namens ons kinders wat sterf in hierdie deurlopende geweld?"
Plato het beloof om saam met die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, na die gebied terug te keer om die probleem op te los.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
SAPA