Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Noordwes-dorp 5 dae lank sonder elektrisiteit

2012-06-15 11:45
Johannesburg – Inwoners van Coligny, in die Noordwes, moes van die begin van die week af ysige weer sonder elektrisiteit verduur, het Beeld berig.

Luidens die dagblad is die dorp sedert Maandag sonder elektrisiteit toe ‘n kragstasie uitgebrand nadat ‘n vragmotor daarteen vasgery het.

“Banke en talle ander sakeondernemings moes hul deure sluit. Ons moet Lichtenburg toe om geld te gaan trek,” het Denise Pretorius van die versekeringsmakelaars Prektor in Coligny aan die koerant gesê.

“Die meerderheid van die dorp se mense kan nie kragopwekkers bekostig nie. Nou sit ons saans so in die pikdonkerte.”

Justin Bhine, waarnemende munisipale bestuurder van die Ditsobotla-munisipaliteit, wat Coligny bedien, het gesê hulle het ná die ongeluk dadelik ’n nuwe substasie bestel, maar toe blyk dit die toestel is nie geskik vir Coligny nie.

“’n Maatskappy in Johannesburg stuur nou vir ons die regte een en dit behoort Vrydag geïnstalleer te word.” 

Volg Nuus24 op Twitter 
SAPA
Lees meer oor:    noordwes  |  coligny  |  elektrisiteit  |  kragonderbrekings
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)