Nuus24

Nuwe premier lei Noord-Kaap

2013-05-23 17:49
Bloemfontein – Sylvia Lucas, waarnemende premier van die Noord-Kaap, is amptelik as dié provinsie se nuwe premier verkies en ingehuldig, het 'n woordvoerder van die wetgewer Donderdag gesê.

"Sy sal haar eerste toespraak op 30 Mei 2013 lewer," het Mpho Marina, woordvoerder in die speaker se kantoor, gesê.

Hazel Jenkins, die voormalige premier, het hierdie week as lid van die provinsiale wetgewer en as die Noord-Kaapse pemier bedank.

Jenkins het verlede jaar 'n beroerte gehad terwyl sy haar provinsiale rede gelewer het.

Twee ANC-lede in die Noord-Kaapse wetgewer het as premier waargeneem terwyl Jenkins aangesterk het.

– Volg Nuus24 op Twitter.
SAPA
Lees meer oor:    hazel jenkins sa politiek
«Terug