Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Obamas wens Madiba geluk

2012-07-18 10:52
Washington – Die Amerikaanse president, Barack Obama, en sy vrou, Michelle, het voormalige president Nelson Mandela Dinsdag voor sy 94ste verjaardag geprys vir sy “blywende nederigheid" en "onwrikbare wil."

“Namens die mense van die VSA wil ons hartlik geluk sê aan Nelson Mandela op sy 94ste verjaardag en die vierde jaarlikse internasionale Mandela-dag,” het die Amerikaanse presidentspaar in ‘n verklaring gesê.

Mandela se “buitengewone lewe en standvastige verbintenis aan die beginsels van demokrasie en versoening is steeds ‘n baken vir mense van alle agtergronde wat strewe na waardigheid, geregtigheid en vryheid,” het hulle gesê.

Die Obamas sê hul familie “is geïnspireer deur Madiba se voorbeeld en het die tyd wat ons met hom deurgebring het, sy wysheid, grasie en vrygewigheid baie waardeer.”

Obama se voorganger, Bill Clinton, het Mandela Dinsdag by sy huis in Qunu in die Oos-Kaap besoek.

– Volg Nuus24 op Twitter
  SAPA
Lees meer oor:    nelson mandela  |  michelle obama  |  barack obama  |  mandeladag
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)