Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Omstrede John Block weer in NK aangestel

2012-06-08 16:39
Upington – John Block, wat van bedrog aangekla is, is herverkies as die voorsitter van die ANC in die Noord-Kaap.

Block het 496 stemme gekry, terwyl sy teenstander, Godfrey Oliphant, adjunk-minister van minerale hulpbronne, 32 stemme gekry het. Altesaam 553 afgevaardigdes het gestem.

Block staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en afpersing. Die aanklagte hou verband met onreëlmatighede in die verkryging van ‘n watersuiweringsaanleg by die Sol Plaatjies-munisipaliteit in 2011.

Volg Nuus24 op Twitter
SAPA
Lees meer oor:    john block  |  noord-kaap  |  sa politiek  |  anc
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)