Share

Ondersoek tienerswangerskappe – premier

Johannesburg – Thandi Modise, premier van die Noordwes, het gesê die mate waartoe Suid-Afrika se maatskaplike toelaagstelsel tienerswangerskap beïnvloed, moet ondersoek word.

"Die bydrae van die toelaagstelsel tot die fenomeen moet ondersoek word," het Modise in 'n verklaring gesê.

Modise het reageer op 'n berig in die Sowetan dat 'n skool in die provinsie die ouers van minstens 17 leerders gevra het om beskikbaar te wees indien hul dogters kraam.

"Indien nog kinders gebore word aan ouers wat gereed is en vir hulle kan sorg, sal daar 'n drastiese afname wees in 'n reeks maatskaplike probleme waardeur kinders in die gesig gestaar word," het Modise gesê.

Terwyl sosio-ekonomiese omstandighede bydra tot die hoë vlakke van tienerswangerskap, het Modise gesê daar is ander relevante faktore wat in ag geneem moet word.

"Dit bring my na die vraag, wie is die rolmodel? Wat is die impak van die wetgewing en wat is die rol van die familie deesdae?"

Sy het verder gesê tienerswangerskap het 'n negatiewe uitwerking op die bevryding van vroue en laat vra ontstaan oor Suid-Afrika se morele weefsel.

Indien onbeplande swangerskappe onder beheer gebring word, sal daar 'n afname wees in ander maatskaplike probleme, soos misdaad en kindermishandeling.

Bayanda Zenzile, woordvoerder vir die provinsie se onderwysdepartement, het vroeër aan die koerant gesê 17 leerders tussen die ouderdom van 14 en 18 jaar, is swanger by die Barolong Hoërskool in Mahikeng.

"Sommige ouers staan buite die skool, gereed om hul dogters by te staan," het Zenzile gesê.

Zenzile het gesê daar is egter ouers wat nie oor die nodige hulpbronne beskik om hul dogters by te staan nie.

'n Personeellid het gesê 'n leerder het reeds geboorte geskenk by die skool.

Sy het gesê swangerskappe bemoeilik 'n onderwyser se taak omdat die swanger skoolmeisies soms tydens eksamens aan die slaap raak.
      
– Volg Nuus24 op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
50% - 287 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
50% - 283 votes
Vote
Rand - Dollar
19.24
-0.3%
Rand - Pound
23.85
-0.6%
Rand - Euro
20.54
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
913.30
-1.9%
Palladium
998.00
-1.7%
Gold
2,307.56
-0.8%
Silver
26.97
-0.8%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
67,755
+0.4%
All Share
73,696
+0.2%
Resource 10
59,146
-2.9%
Industrial 25
102,617
+1.5%
Financial 15
15,810
+1.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE