Share

Oscar-saak kan staat miljoene kos

Durban – Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se moordverhoor gaan die staat waarskynlik meer as R50 miljoen kos, het kenners gesê.

Pistorius word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin, die model Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in sy huis in die ooste van Pretoria vermoor het. Hy is verlede maand borgtog van R1 miljoen toegestaan en sal op 4 Junie weer in die hof verskyn.

Die atleet het top-advokate en vooraanstaande kenners aangestel om sy saak te beveg.

'n Bron het aan die Sunday Tribune gesê die saak sal waarskynlik in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.

"Dit is onmoontlik om te sê watter regter die saak sal aanhoor, maar die regterpresident sal waarskynlik 'n regter met ervaring in hoëprofiel-sake aanstel."

Die bron, wat na aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is, het die saak weens die aard van die misdaad as "kompleks" beskryf.

"Dit gaan van die begin af nie 'n eenvoudige saak wees nie, hoofsaaklik omdat die regskwessies in die saak baie ingewikkeld is. Dit is behalwe die feit dat daar toenemende aandag van internasionale en plaaslike media is, wat die saak moeilik maak om te hanteer.

"Die regskostes van die borgtogaansoek was meer as R1 miljoen, as mens in ag neem watter hulpbronne die staat in terme van advokate, kenners en forensiese toetse ingespan het. Dié kostes gaan veel minder wees as die totale prys van die verhoor, wat meer as R50 miljoen kan wees."

Medupi Simasiku, woordvoerder van die NVG, wou nie kommentaar lewer nie.

"Ons het besluit om nie kommentaar te lewer oor die verhoor nie. Dit is 'n sensitiewe saak wat baie aandag gekry het en enige inligting wat in die stadium uitgereik word, kan slegs nadelig wees."

– Lees meer hier

– Volg Nuus24 op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 422 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 897 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE