Kaapstad – Rampbestuurspanne in die Kaapse Skiereiland is op 'n hoë gereedheidsgrondslag geplaas weens die moontlikheid van oorstromings in die gebied, het
RSG berig.
Dit volg ná temperature in die provinsie skerp gedaal het, met die kans op reën sowat 80%. Deurdringende reën het Vrydagnag in sommige dele in en om Kaapstad geval.
Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder vir Stad Kaapstad se Rampbestuursentrum, sê die hoeveelheid reën verhoog die moontlikheid van oorstromings.
Inwoners naby die kus en ook motoriste is gewaarsku om uiters versigtig te wees in dié weerstoestande.
– Lees
hier meer.
– Volg Nuus24 op
Twitter.