Johannesburg – Twee leiers van die Nasionale Vryheidsparty is in die noorde van KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Die twee was saam met 'n derde mens op pad terug van 'n vergadering toe hulle geskiet is, het
RSG berig.
Die voorsitter en sekretaris van die Umsinga-tak het op die toneel gesterf en die derde mens is in 'n ernstige toestand in 'n hospitaal opgeneem.
Jay Naicker, ‘n polisiewoordvoerder, sê die motief vir die aanval is nog 'n raaisel.
Volg Nuus24 op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.