Kaapstad – Die petrolprys sal volgende week met 28c per liter styg, het
The Times op Twitter bekendgemaak.
’n Styging van 23c per liter is aanvanklik verwag.
Die styging sal volgende Woensdag ingestel word, waarna die regering se verhoogde brandstofheffing van 28c per liter op 4 April in werking tree.
Fin24 berig die prys van diesel sal met 10c per liter styg.
Boonop word tolgeld op bestaande tolpaaie na verwagting middel vandeesmaand met 6% verhoog, het
Beeld vroeër berig.
En dan kom die finale slag vir motoriste in Gauteng, met die nuwe tolheffing op hoofweë.
Volg Nuus24 op Twitter