Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Petrolprys styg dalk volgende maand

2012-07-23 16:31
Kaapstad – Motoriste moet hulle gereed maak vir nóg 'n petrolprysverhoging.

Ekonome by die Suid-Afrikaanse Petroleum-vereniging het 'n verhoging van meer as 15 sent per liter vir volgende maand voorspel.

Dít kom nadat die petrolprys in Junie met 55 sent gedaal het, gevolg deur 'n massiewe afname van 89 sent aan die begin van Julie.

Dawie Roodt, ekonoom, het gesê hy is nie verras deur die moontlike styging nie.

"Die afgelope paar weke het ons gesien hoe die internasionale olieprys stadig besig is om te styg. Die rand was ook relatief swak, hierdie kombinasie sal veroorsaak dat die olieprys styg."

"Ons het twee goeie dalings in die petrolprys gehad. 'n Styging van ongeveer 15 tot 20 sent 'n liter kan verwag word."

Eyewitness News.

– Volg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor:    petrol  |  petrolprys
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)