Johannesburg – Riah Phiyega, die nuutaangestelde nasionale polisiekommissaris, vergader vandag met die polisiebestuur wanneer sy amptelik oorneem as hoof van die polisie, het
RSG berig.
Sy het tydens haar voorstelling aan die media gesê sy het reeds kwessies geïdentifiseer wat dringend haar aandag nodig het.
Phiyega het gesê sy is trots om die land se eerste vroulike polisiehoof te wees. Sy het ook haar kollegas bedank vir ‘n warm verwelkoming.
Misdade teenoor kinders en vroue gaan ‘n groot prioriteit vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens wees, het sy gesê.
“Die stryd teen algemene misdaad sal ook verskerp... ons gaan ook daarop fokus om korrupsie te verminder.”
Sy het gesê sy stem saam met die res van die publiek dat daar ‘n “gevoel van dringendheid is om korrupsie te beveg.”
eNews het Donderdag se mediakonferensie regstreeks uitgesaai.
Volg Nuus24 op Twitter