Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Pippie se operasie suksesvol

2012-06-18 21:04
Nielen Bottomley

Johannesburg – Die veloorplanting op die driejarige Pippie Kruger was blykbaar ‘n sukses, het dr. Alan Barrett van Genzyme Maandagaand gesê.

Pippie het erge brandwonde op meer as 80% van haar liggaam gehad ná ‘n ongeluk by ‘n familiebraai op Nuwejaarsaand.

Barrett, wat gepraat het vanaf die Garden City Kliniek in Johannesburg, het gesê die gaas is van beide haar dye verwyder en “het maklik afgekom”.

Hy het gesê geen van die vel wat oorgeplant is het agtergebly toe die gaas verwyder is nie.

Barrett het gesê dit was die eerste maal dat enigiemand in die operasiesaal só iets gesien het.

“Dit was ongelooflik en almal in die teater het begin hande klap.”

Die prosedure om al die gaas te verwyder was Maandagaand nog aan die gang.

- Volg Nuus24 op Twitter
  News24
Ad:Funeral Cover from R29/m
«Terug
Ad:Standard Bank Life Cover