Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Polisie moet eie kantore skoonmaak

Deur: Alani Janeke 2012-07-23 14:21
Kaapstad – Benewens die beveiliging van Suid-Afrikaners moet SAPD-lede en reserviste nou ook skoonmaak- en bewakingsdienste lewer, het Landbou.com Maandag berig.

Die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) sal voortaan in beheer wees van die beplanning, bestuur en onderhoud van hul eie stasies.

Dít volg na ’n aankondiging dat skoonmaak en bewaking deel gaan word van SAPD-lede en reserviste se take.

Dié inligting is aan die DA verskaf ná die party in die parlement vrae daaroor gestel het.

Dianne Kohler-Barnard, DA-verteenwoordiger, het gesê die polisie kan reeds nie die hoë vlakke van misdaad in die land hanteer nie.

“Hoe meer polisie-offisiere gedwing word om niekern-verantwoordelikhede te vervul, hoe minder veilig sal die Suid-Afrikaanse publiek wees.”

Lees verder.

Landbou.com


Lees meer oor:    da  |  sapd
Ad:Funeral Cover from R29/m
«Terug
Ad:Standard Bank Life Cover