Durban – ‘n Man is in Umlazi deur die polisie doodgeskiet ná hy hom glo teen inhegtenisneming verset het.
Die polisie het die man in verband met die moord van ‘n polisiebeampte genader.
“Die polisie het inligting ontvang dat dié man gekoppel kan word aan die moord van ‘n polisieman,” het lt. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, gesê.
“Toe die polisie hom nader, het hy hom teen inhegtenisneming verset en is geskiet.
“Drie ander mense is ook in hegtenis geneem.”
Hulle sal Maandag in Durban se landroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.