Johannesburg – Nog twee mynwerkers wat verlede week tydens 'n protes-optog by die Aquariusmyn naby Rustenburg geskiet is, is in die hospitaal dood, het
RSG Dinsdag berig.
Dit bring die aantal sterftes op vyf te staan.
Die onafhanklike ondersoek-direktoraat van die polisie sê hulle ondersoek bewerings dat polisiebeamptes by die voorval betrokke was.
Die polisie en mynsekuriteit het met afgedankte mynwerkers slaags geraak.
Die werkers is afgedank nadat hulle geweier het om oortyd te werk.
Daar is nie met die vakbonde oor werkers se oortyd onderhandel nie.
Geweld het uitgebreek en skote is gevuur toe die werkers 'n optog na die myn gehou het nadat hulle hul saak by die kommissie van versoening, bemiddeling en arbitrasie verloor het.
Volg
Nuus24 op Twitter.
–
RSG