Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Polisiebeampte aan Oos-Rand vermoor

2012-06-18 19:01
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte wat van diens af was is doodgeskiet in Rondebult, Alberton, het die polisie in Gauteng Maandag gesê.

Volgens lt. kol. Lungelo Dlamini is Eric Mthanti (30) Sondagaand doodgeskiet toe hy gereageer het op ‘n oproep van sy broer, wat in ‘n bakleiery met twee mans betrokke was.

“Toe hy op die punt was om uit sy voertuig te klim, is verskeie skote op hom afgevuur [deur die mans] en hy is noodlottig gewond.”

Die mans het sy dienspistool gesteel en weggehardloop.

- Volg Nuus24 op Twitter
 
SAPA
Lees meer oor:    alberton  |  polisiebeamptes  |  moorde
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)