Nuus24

Predikersvrou se nadoodse ondersoek voltooi

2012-08-07 16:30
Odendaalsrus – Die polisie in die Vrystaat wag vir die uitkoms van Annette Knoetze se nadoodse ondersoek nadat sy in haar huis op die dorp vermoor is.

Stephen Thakeng, ‘n polisiewoordvoerder, het aan OFM bevestig die nadoodse ondersoek is by die Welkom-staatslykshuis uitgevoer. Hy het bygevoeg dat die polisie nou vir die uitslae wag.

Knoetze se man, Johan, het Vrydagaand omstreeks 19:00 op haar lyk afgekom. Hy is ‘n plaaslike prediker.

Volgens die radiostasie is mev. Knoetze se polse gesny. Sy is ook in die bors gesteek.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die ondersoek duur vorrt.

Volg Nuus24 op Twitter  
Lees meer oor:    annette knoetze  |  odendaalsrus  |  moord
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)