Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Princess Crossing: R30 milj. se goedere verwoes

2012-05-29 09:31

GALLERY: Brand by Princess Crossing-winkelsentrum

Johannesburg – Goedere ter waarde van R30 miljoen is in die Dis-Chem-apteek deur ‘n brand in Roodepoort verwoes, het Beeld berig.

Die apteek – een van die ses winkels by die Princess Crossing-winkelkompleks wat aan die brand geslaan het – het minder as ‘n jaar gelede ekstensiewe opknappingswerk ondergaan, het Niall Hegarty, ‘n direkteur van Dis-Chem, gesê.

Die brand het Maandagoggend by die winkelsentrum uitgebreek.

Hegarty sê omtrent 118 van hul werknemers sal na ander takke in Johannesburg gestuur word en sal nie afgedank word nie.

Volg Nuus24 op Twitter
SAPA
Lees meer oor:    princess crossing  |  brande
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)