Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Seun (10) sien hoe booswigte pa doodskiet

2012-06-06 10:45
Johannesburg – ‘n Polisiesersant is ten aanskoue van sy 10-jarige seun in Hercules, Pretoria, doodgeskiet, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê.

Volgens kapt. Agnes Huma het twee mans sers. Bruwer Smit en sy seun aangeval terwyl hulle Dinsdagmiddag in ‘n veld naby die Mabopane-snelweg met hul bergfietse gery het.

Die aanvallers het Smit se tekkies en beide fietse gesteel.

Smit is op die toneel dood.

Die seun het daarin geslaag om weg te kom en het na die snelweg gehardloop waar hy ‘n motor voorgekeer het.

Brig. André Wiese, Smit se vorige bevelvoerder, het aan Beeld gesê Smit was een van die beste polisiebeamptes saam met wie hy nog ooit gewerk het.

– Volg Nuus24 op Twitter

  SAPA
Lees meer oor:    misdaad  |  moorde
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)