Johannesburg – ‘n Tweejarige seun is dood toe ‘n motor hom in Rienie-laan in Eersterus, Pretoria, raakgery het, het paramedici gesê.
Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, sê die seun het Maandagaand gesterf nadat die motor hom getref het.
Wicks sê die kind het in die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het.
Die seun het op die toneel aan sy kritieke beserings beswyk, het Wicks gesê.
Volgens die woordvoerder is die oorsaak van die ongeluk nog onbekend.
Die ongeluk sal ondersoek word.
Volg Nuus24 op Twitter
SAPA