Johannesburg – 'n 27-jarige vrou is in hegtenis geneem vir die beweerde moord op haar driejarige seun in Ntshatshongo, naby Willowvale in die Oos-Kaap, het die polisie Maandag gesê.
"Die driejarige oorledene en haar ma (wat nou 'n verdagte is) het Saterdagaand in hul huis geslaap," het kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, gesê.
Hy het gesê familielede het Sondagoggend op die bebloede lyk van die oorlede afgekom en die polisie vermoed die ma het die kind doodgeslaan.
"Die 27-jarige ma van die oorledene is in hegtenis geneem en aangekla van moord, omdat sy die enigste een was wat by die kind geslaap het."
– Volg Nuus24 op
Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.