Nuus24

Seun (7) uit motor gered

2012-05-26 19:42
Durban – ‘n Sewejarige seun is Saterdag uit ‘n geparkeerde motor by ‘n winkelsentrum in Pietermaritzburg gered, het paramedici gesê.

“Volgens ooggetuies het hulle gesien hoe 'n sewejarige seun sonder toesig, in 'n motor wat gesluit was, in nood verkeer. Hulle het toe die polisie ontbied," het Andre Visser, woordvoerder van ER24, gesê.    

“Toe ER24 se paramedici op die toneel aankom, het polisiebeamptes reeds ‘n venster van die motor gebreek en die kind uit die motor gehaal."
 
Die seun is vir ontwatering behandel en na ‘n hospitaal geneem.

Volgens Visser sal die voorval ondersoek word.

– Volg Nuus24 op Twitter.
SAPA
Lees meer oor:    kinders  |  kindermishandeling
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)