Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Sexwale dalk uit kabinet geskop

2012-06-11 10:30
Johannesburg – Tokyo Sexwale, minister van behuising, sal na verwagting uit pres. Jacob Zuma se kabinet geskop word, het ‘n koerant berig.

The Citizen berig ‘n “hooggeplaasde bron” het aan die koerant gesê Sexwale sal in ‘n kabinetskommeling afgedank word.

“Sexwale het onlangs teen Zuma se regering gepraat. Zuma wil hom uithê,” het die bron na bewering gesê.

Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, en Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het geweier om kommentaar te lewer.

Volg Nuus24 op Twitter 
Lees meer oor:    tokyo sexwale  |  sa politiek  |  anc
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)