Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Sjimpansee-aanval: Man steeds onder verdowing

2012-07-03 07:33
Kaapstad – Die Amerikaanse student wat deur twee sjimpansees by die rehabilitasie-oord Chimp Eden in Nelspruit aangeval is, is steeds onder verdowing.

Andrew Oberle het 'n ses uur lange operasie ondergaan om sy wonde skoon te maak.

Oberle, wat antropologie aan die universiteit van Texas in San Antonio studeer, het verlede Donderdag toeriste by die rehabilitasie-oord toegespreek toe hy die groep verlaat het en deur een van die twee veiligheidsheinings, wat die diere weghou, geklim het.

Terwyl hy besig was om die tweede heining, wat geëlektrifiseer is, te nader het twee sjimpansees hom onder die draad deurgetrek.

Oberle is deur die ape aangeval en meters ver gesleep voordat gewapende wagte en personeellede die kamp kon binnegaan om hom te red.

Die Nelspruit Medi-Clinic het Maandag gesê Oberle is steeds in die intensiewe sorgeenheid.

Carl Oberle, sy oom, het gesê hy is in ’n geïnduseerde koma geplaas "omdat hy so baie bloed verloor en sy bloeddruk so laag was".

– Volg Nuus24 op Twitter
AP
Lees meer oor:    andrew oberle  |  diere
Ad:Funeral Cover from R29/m
«Terug
Ad:Standard Bank Life Cover