Johannesburg – ‘n 14-jarige meisie wat op pad skool toe was in Dutywa is Vrydagoggend verkrag, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Volgens kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het die meisie omstreeks 06:30 na haar skool gestap toe ‘n man haar glo begin jaag het.
“Die verdagte het vermoedelik geweet dat die meisie alleen sou stap. Hy het haar glo verkrag en toe gevlug. Die saak is dadelik by die polisie aangemeld,” het Manatha gesê.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
– Sapa
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.