Johannesburg – ‘n Vrou wat in die Menlyn Park-winkelsentrum naby Pretoria as ‘n skoonheidskundige gewerk het, sal skadevergoeding van die sentrum se eienaars ontvang nadat sy by ‘n laaisone gegly het, is Woensdag berig.
Yvonne Maud Niemand (51) het sowat R1 miljoen van die Old Mutual-beleggingsgroep geëis in die hooggeregshof in Pretoria nadat sy haar rug tydens die val seergemaak het, het
The Star berig.
Niemand het getuig dat sy in Junie 2006 die ingang by die laaisone gebruik het, soos wat haar werkgewer aanbeveel het.
Op pad in het sy op iets gegly – wat óf braaksel óf roomys was – en geval.
Old Mutual sê Niemand se val is nie deur nalatigheid veroorsaak nie en kennisgewings van eie aanspreeklikheid is by die winkelsentrum se openbare ingange en parkeerplekke geplaas.
Regter Bert Bam het egter beslis dat die eienaars aanspreeklik is, aangesien daar nie ‘n kennisgewing by die laaisone opgerig is nie.
Die bedrag wat sy sal ontvang sal in ‘n latere stadium bepaal word.
– Volg Nuus24 op
Twitter
SAPA