“Ons sal geen steen ongeroer laat in ons ondersoek tot die oortreders vasgetrek word nie,” het lt. genl. Celiwe Binta, provinsiale polisiekommissaris, in ‘n verklaring gesê.
Die 31-jarige vroulike konstabel en konst. Mongezi Mqina (36) was op patrollie in die Veeplaas-gebied toe daar op hulle geskiet is.
Die polisievrou – wie se naam nog nie bekend gemaak is nie – het op die toneel gesterf. Sy word oorleef deur haar man en drie kinders. Mqina is in ‘n kritieke maar stabiele toestand in die Greenacres-hospitaal.
Teen laatmiddag was niemand nog in hegtenis geneem nie.
- Volg Nuus24 op Twitter