Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Susters in hof ná gestremde verkrag word

2012-05-02 08:20
Johannesburg – Twee susters sal na verwagting Woensdag weer in die Protea-landdroshof verskyn nadat hulle vermoedelik ‘n verstandelik gestremde tienerseun verkrag het.

Die SABC berig die susters van Soweto het verlede Maandag in die hof verskyn en is borgtog toegestaan.

Die ouer suster is ‘n klerk by die weermag. Sy is 26 jaar oud. Die ander verdagte is 17 jaar oud.

Volgens die polisie word ander aanklagte van verkragting teen die susters ondersoek.

Volg Nuus24 op Twitter  
Lees meer oor:    verkragtings
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)