Share

Taxi eis meisie op haar verjaarsdag

Thinus Dippenaar

Johannesburg - ’n Meisie van Vereeniging wat verlede week haar matriekuitslae gekry het, is dood nadat ’n taxi haar op haar negentiende verjaarsdag doodgery het.

Yvonne van Deventer was Maandag saam met Martin Posthimus (20), haar kêrel, op pad na haar ouerhuis nadat hulle haar verjaardag by ’n restaurant gevier het.

Sy het verlede week haar matriekuitslae gekry. Die ongeluk het skaars 2km van haar ouerhuis af gebeur.

Posthimus het ernstige kopbeserings opgedoen.

Yvonne se ouers, Tommy en Brenda van Deventer, het van die ongeluk gehoor toe Yvonne, hul oudste dogter, nie soos afgespreek om 23:00 tuis was nie. Brenda Van Deventer het Yvonne op haar selfoon gebel, maar ’n paramedikus het geantwoord en haar die slegte nuus meegedeel.

’n Taxi het vermoedelik nie by die vierrigting-stopteken op die Boy Louw- en Houtkopweg-kruising in Vereeniging stilgehou nie en die motor getref waarin die paartjie gery het. Yvonne is op slag dood,

Posthimus, ’n vakleerling by ’n ingenieursmaatskappy in Vanderbijlpark, is deur paramedici van ER24 en Emfuleni-nooddienswerkers op die toneel behandel voordat hy per ambulans na die Vereeniging Medi-Clinic geneem is.

Volgens Johannes van Deventer (48), Yvonne se oom, is Posthimus Dinsdag geopereer om bloeding op sy brein te verlig.

“Hy word in die waakeenheid onder verdowing gehou totdat sy toestand verbeter,” het Van Deventer gesê.

“Ons bid vir Martin en hoop en vertrou hy sal volkome herstel.”

Die taxibestuurder het ligte beserings opgedoen en is na die Sebokeng-hospitaal geneem.

Die Vereeniging-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Volgens Van Deventer was Yvonne ’n matriekleerling aan die Hoërskool Overvaal in Vereeniging en sy het ’n week gelede gehoor dat sy matriek met universiteitsvrystelling geslaag het.

Sy wou grafiese ontwerp studeer, maar wou eers vir ’n jaar werk.

“Ons gaan die opgewekte, altyd laggende kind wat graag stories vertel het, baie mis,” het Van Deventer gesê.

Dit gaan volgens hom “goed met haar pa en ma, maar hulle is erg getraumatiseer oor die verlies van hul dogter”.

Buiten haar ouers, word sy oorleef deur haar broers, Warren (22) en Tommy (20), en susters, Elsabie (17) en Danielle (16).

Die sussies is albei leerlinge aan die hoërskool waar hul ousus pas gematrikuleer het.

Haar verassingsdiens word môre om 11:00 in die Volle Evangelie Kerk in Vanderbijlpark gehou.

- Beeld
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 411 votes
No! It's time to move on ...
35% - 224 votes
Vote
Rand - Dollar
19.05
+0.9%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.42
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
919.50
+0.8%
Palladium
981.00
-2.4%
Gold
2,329.14
+0.6%
Silver
27.29
+0.5%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE