Johannesburg – Twee tieners is vroeg Vrydagoggend by die Joza-nedersetting in Grahamstad in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n man, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Speurders het deur die nag gewerk om die twee, wat onderskeidelik 16 en 19 jaar oud is, op te spoor, het kapt. Mali Govender gesê.
Die lyk van die 20-jarige man is Donderdagoggend op ‘n veld in Grahamstad gevind. Hy is geïdentifiseer as Siphosethu Nogaga, ‘n werklose man wat in Uitbreiding-twee, Phumlani-nedersetting, gewoon het.
Govender sê die motief vir die moord word ondersoek.
Die tieners sal Maandag in die Grahamstad-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op
Twitter
SAPA