Nuus24

Twee Gautengse polisiebeamptes doodgeskiet

2012-08-19 16:55
Johannesburg – Twee polisiebeamptes is doodgeskiet terwyl hulle op 'n kaping in Solan Park, Vereeniging, gereageer het, het die Gautengse polisie Sondag gesê.

Die eienaar van 'n huis in Koraanstraat en sy broer het Saterdagaand by die perseel uitgery toe 'n wit Elantra hulle geblokkeer het, het kapt. Pinky Tsinyane, woordvoerder, gesê.

Drie mans het uitgeklim en hulle met vuurwapens aangehou waarna hulle die sleutels van hul motor geëis het.

Een van die slagoffers het probeer om na 'n polievoertuig te hardloop wat verbygery het. Hy is egter deur een van die kapers in sy been geskiet.

Die drie kapers het daarna op die polisiebeamptes losgebrand nadat hulle uit hul motor geklim het.

'n Adjudant-offisier en 'n konstabel is op die toneel dood. Hulle was by die Vereeniging-polisiestasie gestasioneer.

Die gewapende mans het in die polisie se voertuig ontsnap wat later verlate gevind is nadat hulle 'n ander voertuig gekaap het.

– Volg Nuus24 op Twitter.
SAPA
Lees meer oor:    gauteng  |  skietery  |  sapd
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)