Kaapstad – ‘n Bestuurder wat twee seuns in Delft, Kaapstad, omgery het, is steeds soek, het
Cape Times berig.
‘n Saak van strafbare manslag is geopen nadat Sanilsiwe Magqadeni (7) en sy boetie, Lethu Mfengwane (2), Sondagaand doodgery is.
Ao. November Filander, ‘n polisiewoordvoerder, sê inwoners is van mening ‘n wit BMW wat gejaag het, is verantwoordelik vir die seuns se dood.
Honderde inwoners het Maandag in Abedale-weg, waar die seuns omgery is, betoog.
Die inwoners het buitebrande gebrand, die pad met klippe versper en daarop aangedring dat die stad spoedhobbels bou.
Volg Nuus24 op Twitter
SAPA