Share

'Tweede oorgang is al manier' – Zuma

Parys – Suid-Afrika benodig ‘n tweede oorgang, anders sal dit stagneer soos verskeie ander Afrika-lande ná onafhanklikheid, het Jacob Zuma, ANC-leier, Sondag gesê.

“Ons het ‘n tweede oorgang nodig, ons kan nie hier bly nie,” het hy aan honderde afgevaardigdes by die Vrystaat-verkiesingskonferensie gesê.

Zuma het gesê verskeie Afrika-lande het nooit vorentoe beweeg ná onafhanklikheid nie.

“As ons nie die tweede oorgang bespreek nie, weet ek nie hoe ons die probleme gaan hanteer wat ons nou het nie.”

Hy het gesê die ANC sal altyd ‘n gedissiplineerde mag wees wat aan die kant van die armes en die werkersklas is.

Die ANC-leier het gesê die tweede oorgang moet die nalatenskap van apartheid aanspreek.

Die ANC moet ‘n verskil maak vir sy mense en die party hoef nie geliefd te wees om te doen wat hy dink reg is nie.

“Die tyd het gekom om te doen wat ons dink reg is om die meerderheid gelukkig te maak. Die tweede oorgang is die regte ding.”

Zuma het dié wat teen dit gekant is, gevra wat die alternatief is.

Die tweede oorgang hou verband met ‘n belangrike besprekingsdokument vir die ANC se nasionale beleidskonferensie, wat na verwagting Dinsdag sal begin.

“Die Tweede Oorgang: Om te bou op ‘n nasionale demokratiese samelewing en die balans van magte in 2012” stel voor dat die ANC nou ‘n tweede era van demokrasie moet betree.

Volgens die dokument het die ANC in die afgelope 18 jaar deur ‘n eerste oorgang na demokrasie gegaan, waartydens die party gefokus het op politieke bevryding.

Nou moet die party ‘n “tweede oorgang” bekendstel wat sal fokus op die sosiale en ekonomiese transformasie van Suid-Afrika oor die volgende 30 tot 50 jaar.

In ‘n blykbare reaksie op senior lede van die ANC se NUK wat twyfel oor die dokument, het Zuma gesê dit is onmoontlik vir enige NUK-lid om nie te weet van die “tweede oorgang” nie.

“Dit is nie moontlik nie,” het hy gesê.

Hy het gesê die NUK het die dokument reeds drie maal bespreek.

Die ANC moet ook kyk na waarheen hy wil gaan.

“Mangaung moet help om ‘n hernieude ANC te skep.”

Zuma het gesê ‘n tien-jaar-program om die ANC te hernu is nodig en moet goedgekeur word.

“As ons daarin faal om dissipline aan te spreek, faal ons die ANC,” het hy gesê.

Zuma, wat baie op dissipline gefokus het in sy toespraak, het gesê niemand moet toegelaat word om die eenheid in die ANC uit te roei nie.

Hy het verwys na onlangse gebeure binne die regerende party en het gesê die Mangaung-konferensie sal streng besluite oor dissipline neem.

Hy het gesê dié wat die ANC-grondwet vir hul eie selfsugtige doelwitte buig, moet gestraf word en dat ANC-politici wat nie hierby inkoop nie, dit “koud daar buite” sal vind, buite die ANC.

Zuma was in ‘n gelukkige bui by die Vrystaatse verkiesingskonferensie, waar dit duidelik is dat hy groot ondersteuning geniet.

- Volg Nuus24 op Twitter

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 421 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 896 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE