Die Demokratiese Alliansie (DA) het Dinsdag die kennisgewing van mosie aan alle partye in parlement ingedien.
Die mosie het Francois Nel geluk gewens nadat hy Sondag as Mnr. Gay Wêreld gekroon is.
Volgens Gareth Morgan, DA-LP, is die ACDP en VF+ die enigste twee partye wat teen die mosie protes aangeteken het.
“Die ACDP het gesê hulle is teen die mosie as gevolg van hul godsdienstige uitkyk,” het Morgan aan mambaonline.com gesê.
Volgens Morgan wou die mosie ‘n “uitstekende jong man” vereer wat ‘n “ambassadeur vir Suid-Afrika is” en wat verwag word om “kwessies soos gelykheid en verdraagsaamheid” aan te moedig.
“Ek is teleurgesteld dat die partye rede gevind het om teen die mosie beswaar te maak,” het hy bygevoeg.
“Daar behoort nie ‘n debat oor gelykheid te wees nie.”
Volg Nuus24 op Twitter.