Nuus24

Verbyganger verloor vinger tydens betoging

2012-05-29 10:45
Kaapstad – ‘n Bejaarde man van die Moederstad wat verby ‘n betoging in Botrivier geloop het, het ‘n vinger verloor toe die polisie traangashouers afgevuur het, het ‘n koerant berig.

“Ek het net langs die sypaadjie afgestap toe ek ‘n pynlike slag teen my hand voel en my vinger voor my sien vlieg het. Ek het geen kwaad veroorsaak nie. Ek gaan ‘n saak teen die polisie oopmaak,” het Arthur Louw (75) aan die Cape Times gesê.

“Hierdie is werkende hande. Ek gebruik hulle om ‘n inkomste te verdien... Hoe gaan ek nou behoorlik werk?” het die Eskom-werker gesê.

Ilana Africa, ‘n inwoner, het aan die koerant gesê die polisie het sonder uitlokking houers na die skare afgevuur. Sy sê twee mans is ook aangekeer nadat hulle die polisie gevra het hoekom hulle die traangas afvuur.

Inwoners het die strate met brandende buitebande en boomtakke versper as deel van ‘n betoging teen swak dienslewering in die gebied.

Hulle het ook die Theewaterskloof- munisipale gebou se hekke gebreek en gedreig om dit aan die brand te steek.

Volg Nuus24 op Twitter   
SAPA
Lees meer oor:    botrivier  |  betogings
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)