Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Vier vas vir besit van vuurwapen, dwelms

2012-08-09 21:57
Kaapstad – Vier mans is in Kaapstad in hegtenis geneem vir die onwettige besit van 'n vuurwapen, ammunisie, 'n koeëlvaste baadjie en tik, het die Wes-Kaapse polisie Donderdag gesê.

Die polisie het verskeie huise in Athlone deursoek ná hulle 'n wenk ontvang het. Hulle het op 'n 9 mm-pistool en ammunisie afgekom, het kapt. Frederick van Wyk gesê.

Die mans, wat 23, 34 en 36 jaar oud is, is in hegtenis geneem.

Die polisie het later 'n minibustaxi op 12de Laan afgetrek. Die passassiers is deursoek, en 'n 27-jarige man is in hegtenis geneem toe tik met 'n geraamde straatwaarde van R1 230 in sy besit gevind is.

Al vier mans sal Vrydag in die Athlone-landdroshof verskyn.

– Volg Nuus24 op Twitter.
SAPA
Lees meer oor:    athlone  |  kaapstad  |  vuurwapens  |  dwelms  |  misdaad
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)