Share

Vloedwater laat spoor van verwoesting

Bloemfontein – Die lugmag, polisie, nooddienste en private helikopters het teen Woensdagaand reeds sowat 150 mense van dakke en uit bome in die vloedgeteisterde Hoedspruit-omgewing gered.

Twee Oryx-helikopters het ook sowat 60 kinders van twee skole in die Bosbokrant-omgewing wat by die skole vasgekeer was, na veiligheid gebring sodat hulle kan huis toe gaan, het lt.kol. Piet Paxton, weermagwoordvoerder, Woensdagaand gesê.

Die helikopters het teen donker weens die swak weer ophou vlieg, maar is op gereedheidsgrondslag om teen eerste lig weer te begin vlieg.

Een van die mense wat met ’n lugmaghelikopter opgepik is, was ’n man wat deur ’n skerpioen gesteek is en op pad hospitaal toe met sy bakkie vasgeval het.

Teen gisteraand laat was daar ook berigte dat ’n modderhut in die landelike gebiede van Limpopo op ’n vrou ingesak het en dat sy dood is. Dit kon teen druktyd nog nie bevestig word nie.

Feitlik die hele suidelike deel van die Krugerwildtuin was ook Woensdag weens die swaar reën van die buitewêreld afgesny en kon net per helikopter bereik word.

Meer as 100 mense, onder wie besoekers en werkers, is uit verskeie kampe per helikopter na hoërliggende gebiede of na dorpe buite die wildtuin gebring.

Ses buitelandse besoekers op ’n wildbesigtinginguitstappie moes per helikopter na Skukuza gebring en behandel word.

’n Gerug dat die Blyderivierdam se wal gekraak is en dat mense in die wildtuin in gevaar is, is gisteraand deur mnr. Hannes Steyn, hoof van rampbestuur in die Mopanistreek, ontken.

Dié Blyderivier vloei uiteindelik in die Olifantsrivier in wat deur die suide van die wildtuin loop.

Die Blyderivierdan was gister laat sowat 118% vol.

’n Ouma van 81 is met haar stortkappie op haar kop met ’n bootjie op die Blyderivier na veiligheid geroei en ’n splinternuwe graad-eentjie het gister ’n dramatiese eerste skooldag beleef.

By die Blyderivier-avontuurkamp op die walle van die Blyderivier het Dina Katzke (81) se dogter en eienaar van die kamp, Barbara Huddel, haar bedryfsbestuurder, Deon Breytenbach, kort ná 06:00 met ’n noodoproep ontbied. Breytenbach sê dit het die hele nag swaar gereën en teen Woensdagoggend is reeds meer as 750 mm reën in 24 uur gemeet.

“Een van die gidse se Bantambakkie was reeds dakhoogte onder water en so ook die ander voertuie by die kamp. Die water het vensterhoogte deur van die geboue geloop,” het Breytenbach gesê.

Hy het eers vir Katzke, wat eers haar stortkappie op haar kop gesit het, na veiligheid geroei en toe een-een vir Huddel, haar man, twee kinders en vyf gidse.

Juane Kuhler (6) is deur haar gesin by die Laerskool Marieps-kop afgelaai. Haar pa het foto’s van haar geneem en sy kon haar eerste skooldag begin, maar nie klaarmaak nie. Haar gesin kon weens die oorstromings nie weer uit die dorp kom nie, klasse is gestaak en hulle het haar weer gaan haal.

Woensdag teen 20:30 het die watervlak by Hoedspruit in só ’n mate gedaal dat van die brûe weer toeganklik was.

– Volg Nuus24 op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 407 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 854 votes
Vote
Rand - Dollar
19.09
+0.4%
Rand - Pound
23.62
+0.9%
Rand - Euro
20.33
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
942.50
-0.8%
Palladium
1,023.50
-0.6%
Gold
2,397.39
+0.8%
Silver
28.78
+1.9%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE