Bloemfontein – Vyf mense is Maandagaand beseer, waarvan een ernstig is, in 'n botsing tussen drie voertuie naby Heidelberg.
Volgens Jeffrey Wicks, ‘n woordvoerder vir Netcare 911, blyk dit dat 'n motor wat 'n minibus probeer verbysteek het, teen 'n aankomende voertuig gebots het.
Die minibus is deur een van die voertuie getref.
Paramedici het vyf beseerdes op die toneel gevind, waarvan een man in 'n kritieke toestand was, het
OFM berig.
Hy is op die toneel stabiliseer en deur 'n nooddiens-helikopter na die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal geneem.
Die ander beseerdes is per ambulans na verskeie staatshospitale vervoer.
Volg Nuus24 op Twitter