Johannesburg – Vyf mense het Woensdag gesterf en 11 ander is ernstig beseer toe ‘n minibus-taxi teen ‘n bakkie gebots het op die N12 naby Benoni, het die Ekurhuleni-metropolisie gesê.
Volgens supt. Vusi Mabanga het die ongeluk in swaar mis plaasgevind.
“Moegheid kan dalk ook die oorsaak van die ongeluk wees,” het hy gesê.
“Lewenskake moes gebruik word om die beseerdes uit die minibus te bevry. Die minibus was nie oorlaai nie.”
‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek, het Mabanga gesê.
- Volg Nuus24 op
Twitter
SAPA