Johannesburg – Vyf mans het gesterf toe hul motor teen die agterkant van ‘n bus op die N4 in Ngodwana, in Mpumalanga, gebots het, het paramedici gesê.
ER24 se Vanessa Jackson sê spesiale gereedskap is gebruik om die lyke uit die erg beskadigde Fiat Uno te sny.
Jackson sê daar was geen passasiers in die bus ten tyde van die ongeluk Vrydagaand nie.
Volg Nuus24 op Twitter