Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Wag beseer in gewapende roof in Kaapstad

2012-07-07 10:37
Kaapstad – 'n Veiligheidswag is beseer tydens 'n gewapende roof by 'n Makro-handelaar in Montague Gardens, Kaapstad.

Die Weekend Argus het berig dat vier mans die winkel Vrydagmiddag binnegegaan het en die wag met 'n vuurwapen oor die kop geslaan het.

Hulle het 'n onbekende bedrag geld uit vier kasregisters gesteel en in 'n Honda Ballade gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor:    kaapstad  |  rooftogte
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)