Share

Waterkloof-2 moet terug tronk toe

Pretoria – Drie regters het twee lede van die sogenaamde Waterkloof-vier beveel om hulle op 10 Julie weer by die tronk aan te meld, berig Beeld.

Die twee is 18 maande gelede onder korrektiewe toesig uit die tronk vrygelaat.

Reinach Tiedt en Gert van Schalkwyk, wat elk net minder as drie en ’n half jaar tronkstraf uitgedien het, moet nou na die Zonderwater-tronk in Cullinan terug te keer om hul tronkstraf te hervat.

Dié twee, asook Christoff Becker en Frikkie du Preez, het elk 12 jaar tronkstraf gekry omdat hulle in 2001 as tieners ’n onbekende man in ’n Pretoriase park vermoor het.

Tiedt se pa, Christoff Tiedt, het gesê hulle is stomgeslaan oor die uitspraak.

Jenny Brewis, die twee se prokureur, het gesê hulle lees die uitspraak en win dan regsadvies in oor of hulle aansoek gaan doen om daarteen te appelleer.

“Ek wil nie sake vooruit loop nie,” het sy gesê.

’n Aansoek om verlof tot appèl moet binne 15 werksdae by die hooggeregshof ingedien word.

Regter Hans Fabricius het Woensdag in die uitspraak gesê dit sal erg onbillik en onmenslik wees om Tiedt en Van Schalkwyk te beveel om dadelik terug te gaan tronk toe.

Die volle bank het uitspraak gelewer in die DKD-minister en -kommissaris se aansoek dat streeklanddros Peet Johnson van Pretoria se bevel op 15 Desember 2011 – waardeur die tronkstraf in korrektiewe toesig omgeskep is – tersyde gestel word.

Die kommissaris het aangevoer hy en die minister het nie geweet die Zonderwater-paroolraad het die omskeppingsaansoeke voor Johnson gebring en dat Johnson dit sou aanhoor nie.

Fabricius het gesê die Strafproseswet lui duidelik dat so ’n omskeppingsaansoek nie ingedien kan word as ’n gevangene se vrylatingsdatum meer as vyf jaar in die toekoms is nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
38% - 104 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
62% - 167 votes
Vote
Rand - Dollar
19.06
-0.8%
Rand - Pound
24.04
-0.6%
Rand - Euro
20.55
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.37
-0.2%
Rand - Yen
0.13
-0.8%
Platinum
901.20
+0.5%
Palladium
997.97
-0.4%
Gold
2,206.11
+0.5%
Silver
24.64
-0.0%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,067
+0.6%
All Share
74,267
+0.5%
Resource 10
56,746
+2.0%
Industrial 25
103,647
+0.4%
Financial 15
16,482
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE