Share

Weerlig klits hom weer en weer

Linda de Beer

Dit was Vrydag 13 November toe die weerlig Martiens van Wyk vir die eerste keer omgeklits het.

Op dié dag tref die ongeluk ’n mens mos volgens bygelowiges.

Maar toe gebeur dit Saterdag wéér, dié keer net op ’n ander plek langs die wildheining wat hy help span op die plaas Grootbos in die Ventersdorp-distrik waar hy woon en werk.

Die eerste keer het Van Wyk (49) dóér getrek toe die weerlig hom tref, maar hy was amper dadelik weer op sy voete. Nico Tromp, plaaseienaar, en nog ’n paar plaaswerkers was darem naby om seker te maak hy het nie ernstig seergekry nie.

Saterdag was Van Wyk stoksielalleen toe hy vir die tweede keer, net ná middagete, van sy voete af geslaan is. Die weer het vir hom nog ver gelyk. Toe hy hom weer kom kry, was die son al aan die sak.

“Ek het die tang in my hand gehad en ’n stukkie draad. Staaldraad is ’n ander ding. Jy moet eerder van hom af wegbly as daar weer is,” het Van Wyk gesê.

Toe hy ure later bykom, was hy natgereën en het ’n stuk van die heining oor sy een voet gelê.

“My kop was mal toe ek wakker word. Ek het sommer weggehardloop, na die windpomp toe en na die stoorkamer toe sodat ek eers weer my gedagtes kon (agtermekaar) kry.”

Sy bene het gebewe en hy het swael geruik toe hy wakker word. Sy hare het “pennetjies gestaan”.

“Dit het gevoel of ek gekrimp het (van binne),” het Van Wyk vertel.

Ondanks ’n stywe lyf en seer skouers was hy die volgende oggend in die kerk. Hy meen die Here het hom ’n tweede kans gegee sodat hy sy sewe kinders kan sien grootword. Sy vrou, Elisa, was baie omgekrap toe sy hoor die weerlig het hom wéér getref. Sy het met hom geraas omdat hy alleen in die veld was.

Tromp het gesê weerlig het beeste al op naburige plase raak geslaan. 

- Beeld

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 896 votes
No! It's time to move on ...
33% - 436 votes
Vote
Rand - Dollar
18.82
+1.1%
Rand - Pound
23.53
+1.1%
Rand - Euro
20.16
+1.2%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.8%
Platinum
922.30
-0.4%
Palladium
964.50
-2.6%
Gold
2,345.52
+0.6%
Silver
27.58
+0.5%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,438
+1.5%
All Share
75,393
+1.4%
Resource 10
63,106
+1.6%
Industrial 25
103,764
+1.2%
Financial 15
16,076
+1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE