Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Wendyhuis-skietery 'terugslag vir bende-vrede'

2012-08-21 15:41
Kaapstad – Die skietery waarin vier jong mans in Ravensmead op die Kaapse Vlakte doodgeskiet is, is ‘n groot terugslag om vrede tussen mededingende bendes te probeer bewerkstellig, het ‘n koerant berig.

Ivan Waldeck, ‘n woordvoerder van Western Cape Community Outreach, het aan Cape Times gesê die lede van mededingende bendes – die 26s en 28s – het onlangs in die gebied gebots.

“Ons werk al vir meer as ‘n jaar met die 26s en 28s en daar was vrede vanaf Desember tot April,” het hy gesê.

“Ons duld nie geweld of moord nie en as ‘n organisasie wat vrede bemark, probeer ons steeds om uit te vind wat gebeur het.”

Ao. November Filander sê die vier mans is almal in die kop in ‘n wendyhuis geskiet. Die voorval het Maandagoggend plaasgevind.

Die oorledenes is Marcelino Ludick (17), Jaydene Paul (17), Farodene van Niekerk (19) en Bradley Kaffers (21).

Ludick se ma, Nolene, het aan die koerant gesê haar seun het verlede jaar die John Ramsey-hoërskool in Bishop Lavis verlaat, aangesien hy bendelede by die skool gevrees het.

Volg Nuus24 op Twitter 
SAPA
Lees meer oor:    kaapse vlakte  |  bendegeweld  |  bendes
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)