Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Wêreld in rep en roer vir Mandela-dag

2012-07-18 12:00
Johannesburg – Miljoene mense oor die wêreld heen vier Madiba se verjaardag op die mees kreatiewe maniere.

Met enigiets van konserte tot welsynswerk sê jonk en oud geluk aan Nelson Mandela, op maniere wat ook blydskap aan ander sal bring, berig Times Live.

Onder dié weldoeners tel natuurlik ook heelwat van Madiba se landgenote.

Die Suid-Afrikaner Mark Beacon sal die drie hoogste pieke in Brittanje uitklim om Mandela se 94ste verjaardag te vier.

Hy sal bo-op Ben Nevis, Snowdon en Scafell Pike kerse op ‘n verjaardagkoek aansteek vir die ikoon.

Die 5fm-platejoggie DJ Fresh en Chelsea Clinton, die dogter van die voormalige Amerikaanse president Bill Clinton, het Dinsdag ‘n boom geplant in Qunu, Mandela se tuisdorp in die Oos-Kaap.

Boonop gaan New York sy eerste Mandela-dag-konsert in Madison Square Garden hou.

 –Wat doen jy vir Mandela-dag? Skryf aan ons.

– Lees meer by Times Live

– Volg Nuus24 op Twitter

 
Lees meer oor:    nelson mandela  |  mandeladag
Ad:Funeral Cover from R29/m
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)