Pres. Jacob Zuma sal na verwagting Woensdagoggend tydens 'n byeenkoms by die Galeshewe-stadion in Kimberley 'n toespraak lewer, terwyl Cosatu ses verskillende byeenkomste in ses provinsies sal hou.
Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, en Thulas Nxesi, minister van openbare werke, sal werkers in Bethlehem in die Vrystaat by 'n byeenkoms by die Goble Park-stadion toespreek.
Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, sal saam met Irvin Jim, hoofsekretaris van Numsa, werkers in Sharpville, suid van Johannesburg by die George Thabe-stadion toespreek.
Malusi Gigaba, die minister van openbare ondernemings, sal in Kaapstad ook by 'n byeenkoms 'n toespraak lewer, terwyl minister Jeff Radebe en Jeremy Cronin van die SAKP na verwagting in Durban sal wees.
Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, sal by die Olympia-stadion in Rustenburg 'n toespraak lewer.
– Volg Nuus24 op Twitter.