Share

Woolies sluit Facebook-blad oor haatspraak

Kaapstad – Die kettinggroep Woolworths het besluit om sy Facebook-blad vir kommentaar te sluit weens 'n stortvloed negatiewe en neerhalende kommentaar, het The New Age Sondag berig.
 
“Die besluit om ons Facebook-blad [vir kommentaar] te sluit is nie een wat ligtelik geneem is nie en dis ook nie een waaroor ons juis gelukkig is nie,” het die maatskappy gesê.

“Maar wanneer jou blad niks meer word as 'n platform vir 'n goed-georganiseerde veldtog van haatspraak nie, is ons dit ons kliënte verskuldig om hulle nie te onderwerp aan sulke bitterheid in ons eie huis nie,” het die verklaring gelui.

Die maatskappy het die afgelope week onder skerp kritiek oor sy indiensnemingsbeleid deurgeloop ná mediabronne berig het advertensies vir van die maatskappy se poste is net op sekere rassegroepe gemik. 

Woolworths het in antwoord op die bewerings advertensies in verskeie Sondag-koerante geplaas.

"Die afgelope dae is daar baie oor ons indiensnemingsbeleid gesê – spesifiek dat ons nie wit mense aanstel nie. Dit is eenvoudig nie waar nie," het advertensies wat Sondag in City Press, Rapport en die Sunday Times gepubliseer is, gelui.

"Woolworths stel wel wit mense aan. Ons stel vroue en mans van alle rasse aan – wit, swart, kleurlinge, Indiërs, asook mense met gestremdhede, en sal voortgaan om dit te doen.

"Want soos al Suid-Afrika se belangrikste en grootste maatskappye, is ons toegewyd aan transformasie," het die advertensies gelui.

– Lees hier meer.

– Volg Nuus24 op Twitter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 489 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 518 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,322.61
-0.2%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE