Nuus24

Zuma kap jeugleiers

2012-08-23 07:45
Johannesburg – Pres. Jacob Zuma het uitgevaar teen geskorste en huidige lede van die ANC se jeugliga (ANCYL) nadat hulle hul verskille buite die party se amptelike strukture uitgedruk het.

Die SABC berig die president het die ANC se eeufees-lesing ter ere van die party se voormalige president dr. James Moroka in Mafikeng gegee.

Julius Malema, geskorste leier van die ANCYL, en sommige van sy bondgenote het onlangs kritiek teen Zuma se leierskap uitgespreek.

Malema het ‘n beroep op die president en Nathi Mthethwa, minister van polisie, gedoen om te bedank toe die geskorste leier die Marikana-mynwerkers toegespreek het.

Hy het die afgelope naweek mense in Wonderkop, waar 34 mense 'n week gelede in ‘n skietery met die polisie afgemaai is, toegespreek.

Malema het gesê Zuma moet uittree omdat die president daarin misluk het om die burgers van die land te beskerm.

Volg Nuus24 op Twitter 
«Terug