ARTIKELS WAT VERBAND HOU MET
COSATU
Cosatu is gevra om ‘n betaling van R200 000 – nie R2 miljoen nie – te maak om voort te gaan met 'n beplande betoging teen die e-tolstelsel.
Cosatu-leiers sê hulle is besig om ongeduldig met die owerhede te raak en sal voortgaan met hulle stryd teen die e-tolstelsel.
Cosatu is teleurgesteld met die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se besluit om die repokoers onveranderd op 5% te laat.
‘n Groep betogers by Cosatu se hoofkwartier in Johannesburg is uitmekaar ná 'n betoging teen die omstrede e-tolstelsel gekanselleer is.
Cosatu oorweeg dit om die hooggeregshof te nader om toestemming te kry om met 'n protesaksie oor die e-tolstelsel voort te gaan.
Dit is steeds nie duidelik of Cosatu se beplande protesoptrede teen die e-tolstelsel in en om Johannesburg en Pretoria sal voortgaan nie.
Johannesburg se metropolisie sê hy gaan môre se beplande betoging teen die omstrede e-tolstelsel in die wiele probeer ry.
Die Congress of SA Trade Unions (Cosatu) ondersteun busbestuurders se vraag na hoër lone, het die vakverbond gesê.
Die Gupta-familie se gebruik van die Waterkloof-lugmagbasis "vir hulle sosiale aktiwiteite" is 'n belediging vir die land, het die SAKP gesê.
Onderwysprobleme in Suid-Afrika is die gevolg van 'n "apartheidstelsel" wat steeds in dié sfeer voortbestaan, het Cosatu se president gesê.
Cosatu is op 'n gevaarlike, afdraande pad, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, aan die leiers van dié vakverbond gesê.
Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, sê hy is nie bekommerd oor die moontlikheid dat hy sy werk kan verloor nie.
Anglo American Platinum het 'n erkenningsooreenkoms met die vakbond Amcu onderteken ná maande se arbeidsonrus.
Cosatu sê hy verwag dat werkskepping een van die belangrikste prioriteite van pres. Jacob Zuma se staatsrede sal wees.
Die rits betogings teen die e-tolstelsel sal uiteindelik verseker dat dié omstrede program geskrap word, het Cosatu gesê.
Volgende >
Bladsy
1 van
4